Ses hokkie-dogters gekies vir Mpumalanga Mamba-spanne
Deidre van der Meyden en Kayla van der Meyden is vir die 0/16 “Green Mambas” (b-span) gekies en Carla Ferreirais vir die 0/18-“Black Mambas” (a-span) gekies.
Mia Davel, Carla Ferreira, Ziné Jacob, Deidre van der Meyden, Kayla van der Meyden en Helené Lotz van Hoërskool Ermelo is gekies vir die Mpumalanga Mamba-spanne. (Foto: Verskaf)
Ses hokkie-dogters van Hoërskool Ermelo is onlangs vir verskeie Mpumalanga Mamba-spanne van binnenhuise hokkie gekies.
In die 0/14-spanne is Helené Lotz en Mia Davel albei vir die “Green Mambas” (b-span) gekies en Ziné Jacobs vir die “Yellow Mambas” (c-span) gekies.
Deidre van der Meyden en Kayla van der Meyden is vir die 0/16 “Green Mambas” (b-span) gekies en Carla Ferreirais vir die 0/18-“Black Mambas” (a-span) gekies.
Die spanne se toere sal vanaf 20 tot 22 Desember plaasvind.
Die 0/14-span se toer sal by Witbank Hockey Farm plaasvind, terwyl die 0/16-span na Pretoria Hartveld sal toer en die 0/18-span in Johannesburg by Dainfern College sal toer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.