Ondanks die feit dat Covid-19 die hele jaar op sy kop gekeer het, het die Hoërskool Ermelo-musieksentrum steeds uitstekend presteer.
Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit, en is daar onder andere eksamens gespeel, Unisa-eksamens gespeel en leerders het aan Con Spirito deelgeneem.
Die musieksentrum het op 5 November hul prysuitdeling gehou, waar elke leerder vir hul harde werk beloon is.
Verskeie leerders het spesiale toekennings in die vorm van ’n wisseltrofee vir die beste kandidaat in die onderskeie afdelings ontvang.
Die beste kandidate was Zanlie du Plessis (blokfluit junior), Talita Jansen van Rensburg (houtblaas junior), Megan Möller (kitaar junior) en Jake Hoffeldt (kitaar senior).
Johandi Bezuidenhout het die prys ontvang vir die beste kandidaat in die junior klavier-afdeling en Tamar Randell vir die beste klavier senior-afdeling.

Die ander kandidate wat wissel trofeë ontvang het, is Isabelle Moussier (klawerbord), Henroux Robberts (koperblaas junior: trompet), ZJ Fourie (perkussie), Michelle van der Linde (sang senior), Annemae Manders (strykers junior: viool), Daniell Appelgryn (strykers senior: viool), Lana Herholdt (ukulele), Yatteer du Toit (musiekteorie junior) en Nikao du Toit (musiekteorie senior).
Ere-toekennings is ook aan Nikao du Toit en Tamar Randell oorhandig vir die beste Unisa-prakties.
Op grond van die teorie-uitslae wat na verlede jaar se prysuitdeling eers ontvang is, is besluit om hierdie kinders ook erkenning te gee vir Unisa-teorie 2019:
• Beste prestasie vir Unisa-teorie, junior 2019: Nikao du Toit
• Beste prestasie vir Unisa-teorie, senior 2019: Tamar Randell
• Laerskool Dux junior: Luan Odendaal
• Laerskool Dux senior: Kerené du Toit en Yatteer du Toit
• Hoërskool Dux junior: Nikao du Toit
• Hoërskool Dux senior: Tamar Randell
Tamar Randell het ook die besonderse EHS-Kunssentrumwisseltrofee vir die mees uitstaande bydrae tot die kunste ontvang.



