Bethal-egpaar bied Kersliggiefees aan
Die gospelsanger, Cathy Viljoen, tree dié dag op en belangstellendes is welkom om dit by te woon.
BETHAL – Mnr. Hennie en me. Michelle Rademeyer bied op Saterdag, 12 Desember die tweede Kersliggiefees aan.
Dit begin om 4nm en vind by Laerskool Marietjie van Niekerk plaas.
Me. Rademeyer het gesê mnr. André en me. Elsa Pieterse van Midnight Engen Vulstasie, het weer vanjaar ’n groot bydrae gelewer en die Kersvader- en elfie-uitrustings geskenk.
Hulle het ook geskenke ter waarde van R10 000 en koeldrank ter waarde van R5 000 geskenk.
Die Rademeyers het hulle bedank vir hulle volgehoue ondersteuning asook die ander borge wat die fees vanjaar moontlik maak.
Me. Rademeyer het die gemeenskap genooi om die dag saam met hulle deur te bring.
Die gospelsanger, Cathy Viljoen, tree dié dag op en belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Toegang is gratis en geskenke sal deur Kersvader aan kinders uitgedeel word.
Die dag sluit ook ’n ete in.
Vir meer inligting, skakel die Rademeyers by 060 491 7038 of 076 531 3587.



