Gr. R-kleuters van Trapsoetjie Klein Skool het onlangs hul ‘gradeplegtigheid’ bygewoon en trots in hul togas gestaan en sertifikate ontvang.
Die Trapsoete het almal “graad gevang” en is gereed om ’n nuwe fase in hul jong lewens te betree.
Me. Rozette Fourie, skoolhoof, het gesê: “As hulle so staan met die togas aan, besef jy hulle het groot geword.
“Daardie eens klein en swak vlerkies is nou sterk en gereed om te vlieg na die volgende fase in hulle lewens – die groot skool.”
Sy het ter aflsuiting aan die Gr. R-kleuters gesê sy stuur hulle met ’n geruste hart want sy stuur Jesus saam met hulle verder op hul lewenspad
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



