
Laerskool Marietjie van Niekerk op Betha het die dag nadat die skole landwyd geopen het, ouers per WhatsApp in kennis gestel dat drie personeellede positief vir Covid-19 getoets het.
Die skool sou aanvanklik tot 22 Februarie gesluit wees, maar ‘n boodskap is vandag, 18 Februarie, weer aan ouers gestuur om te verduidelik dat die skool eers weer op 1 Maart sal open.
Die besluit is geneem nadat die beheerliggaam met die Departement van Onderwys in gesprek was.
Ouers is aangeraai om hul kinders te laat toets as die kind simptome van die koronavirus toon.
Hulle is ook gevra om vir die skoolhoof en die personeel te bid.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



