
Tydens die Gert Sibande-distrik se prysuitdeling van 2020 se matriekuitslae, is Hoërskool Ermelo aangewys as die beste presterende skool in die distrik.
Die skool het ‘n slaagsyfer van 99,1% behaal en 79% van die leerders slaag met universiteitsvrystelling.
“Groot dank gaan aan die matrieks van 2020 en die onderwysers van EHS vir hul harde werk en deursettingsvermoë om dié prestasie te kon behaal,” het me. Mariaan Rust, EHS-woordvoerder, gesê.
“Hoërskool Ermelo buig in dankbaarheid neer vir die genade van ons Vader wat oor die Erries gestort word.
“Non Viribus Sed Virtute”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.