Hoërskool Ermelo het op 3 Maart hul jaarlikse akademiese prysuitdeling aangebied waartydens die gr. 8’s – 11’s van 2020 vir hul akademiese prestasies – gedurende ‘n uitdagende jaar, beloon is.
Die PAS Prokureurs-boekprys vir tweetaligheid in gr. 8 is aan JF Möller toegeken.
JF het 90% vir Afikaans Huistaal en 86% vir Engels Eerste Addisionele Taal behaal.

Die gr. 8-top 10 vir 2020 is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Rinus Louw (85,96%), Duan Hugo (86,67%), Katelyn Potgieter (86,89%), Lariné Strydom (88,49%), Riël Hugo (89,56%), Helené Lotz (90,50%), Hayley van der Walt (91,07%), JF Möller (92,70%), Kayleigh Moore (93,01%).

Laasgenoemde ontvang ook ‘n EHS-Duxmedalje as die toppresteerder in gr. 8.
Raees Tikly ontvang die Highveld Tribune-wisseltrofee vir beste leerder in Kuns en Kultuur gr. 9 (99%), asook die Wikus Cloete-boekprys vir tweetaligheid in gr. 9.
Hy behaal 93% vir sowel Engels Huistaal as Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Die top 10 vir 2020 se gr. 9-groep is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Isabella Burgers (85,74%), Mia Steenkamp (85,77%), Zané du Plessis (87,29%), Inge Greyling (87,48%), Mienke Cloete (87,85%), Otto van Schalkwyk (90,25%), Altus Boshoff (91,89%), Isabelle Moussier (92,33%), Johan Strauss (95,25%), Raees Tikly (97,06%).
As die beste gr. 9-leerling, ontvang Raees ook ‘n EHS Dux-medalje.
Vir die beste prestasie in Wiskunde en Rekeningkunde gr. 10, ontvang Danel Olivier die ABSA-wisseltrofee.

Die NWU-boekprys vir tweetaligheid in gr. 10 word aan Lood Geldenhuys toegeken.
Hy het 91% in Afrikaans Huistaal en 87% in Engels Eerste Addisionele Taal behaal.
2020 se gr. 10-top 10 is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Walter van der Walt (83,33%), Elandri Swart (83,78%), Spesihle Maseko (84,59%), Jenna Oosthuizen (84,65%), Ilandri Nel (84,85%), Tobie Leibbrandt (85,86%), Carla Ferreira (87,53%), Dirk Maritz (87,94%), Danel Olivier (89,97%), Lood Geldenhuys (90,32%).
Vir sy eerste plek op die top 10 van gr. 10, ontvang Lood Geldenhuys ook ‘n EHS-Duxmedalje.

In 2020 se gr. 11-groep, ontvang Jana Fraser die Pfizer-wisseltrofee vir die beste leerder in Landbouwetenskappe en Landboubestuur, gr. 11 (89%).

GJ Swanepoel is as die beste leerder in gr. 11-Wiskunde (93%) aangewys en hiervoor ontvang hy die IM Bekker-wisseltrofee.

Die Highveld Office Supplies-boekprys vir tweetaligheid in gr. 11 word aan Leandri Viviers toegeken.
Sy behaal 94% in Afrikaans Huistaal en 98% in Engels Eerste Addisionele Taal.

Die gr. 11-top 10 vir 2020 is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Anke Kruger (79,74%), Lethu Dlamini (80,05%), Nadia Kluyts (80,66%), GJ Swanepoel (82,43%), Magha Greyling (87,16%), Eunika Snyman (87,79%), Anke de Kock (90,30%), Lana Herholdt (91,42%), Michaela van Rensburg (91,49%), Leandri Viviers (95,63%).
Anke de Kock, Lana Herholdt en Michaela van Rensburg ontvang elkeen ook ‘n EHS-medalje vir die sewe A-simbole wat elkeen behaal het in gr. 11.
Leandri Viviers behaal agt A’s in gr. 11 en ontvang daarvoor ook ‘n EHS-medalje.
Sy word ook aangewys as toppresteerder in gr. 11, waarvoor sy ‘n EHS-Duxmedalje ontvang.
‘n Groot toekenning wat vir die afgelope paar jaar aan ‘n oud-Errie oorhandig word, word bereken op grond van die finale matriekuitslae van die vorige jaar aan die matriekleerder wat die beste prestasie behaal in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe saam.
In die afgelope NSS-eksamen het Simoné Beyer 85 % vir Wiskunde en 88% vir Fisiese Wetenskappe behaal – ‘n gemiddeld van 86.5% vir die twee vakke.
Simoné ontvang ‘n kontantprys vir dié besondere prestasie.

“Baie geluk aan elke leerder vir die toekennings wat julle ontvang het,” het mnr. Pieter Grobler, skoolhoof, gesê.



