Hokkiespanne van Hoërskool Ermelo het op Vrydag, 9 April en Saterdag, 10 April die Nedstar SA-kliniek by EHS se astrobaan bygewoon.
Die kliniek was onder die leiding van me. Omari Pienaar.
Al die hokkiespanne het nuwe vaardighede en tegnieke ingeoefen tydens die vaardigheidsessies, waar die Nedstar-afrigters met elke spanmoeite gedoen het.

Dié bekwame groep afrigters het tydens wedstryde leiding aan elke span en afrigter gegee.
Hoërskool Ermelo se hokkiespanne is gereed vir die liga en sien uit om vanjaar weer eens uitnemende hokkie te speel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



