Hoërskool Ermelo het op Vrydag, 16 April tydens die prysuitdeling van die Msukaligwa 1-streek vir die 2020 aangewys as die nommer een presterende skool in Gert Sibande-distrik aangewys.
Dié skool het ’n slaagsyfer van 99,1% met 79% leerders wat slaag met universiteitsvrystelling, behaal.


Verskeie onderwyser het sertifikate vir die beste onderwysers in vakprestasies met ’n slaagsyfer van 100% ontvang.
Die onderwysers is mnr. Pieter du Plooy (Geografie), me. Elana Fourie (wiskundige geletterheid), me. Lynelle Grobler (Engels Eerste Addisionele Taal), me. Diana Loots (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), me. Annaliza Mentz (rekeningkunde), me. Restah Pretorius (rekeningkunde), me. Erna Schoeman (Engels Huistaal), mnr. Faans van der Merwe (landbouwetenskap) en me. Gerda van Zyl (Afrikaans Huistaal).


’n Leerder van Hoërskool Ermelo, Vosjan Grey het die prys vir beste leerder in die streek ontvang.
Hy spog met ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 85,4%.
Mnr. Pieter Grobler, skoolhoof, het gesê: “Ons is besonder trots op die prestasie wat die skool, onderwysers en Vosjan behaal het. Dankie vir elkeen se bydrae om te sorg dat EHS se akademie van top gehalte is.”








