Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Vrydag, 16 April die prysuitdeling van die Msukaligwa 1-streek vir die 2020 ’n tweede plek vir die beste presterende skool in Gert Sibande-distrik ontvang.
Verskeie onderwyser het sertifikate vir die beste onderwysers in vakprestasies met ’n slaagsyfer van 100% ontvang.
Die onderwysers is me. Edith Hattingh (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), me. Mari Bosman, me. Caroline de Wet, me. Margaret van Helsdingen, me. Magda Smit en me. Talita Coetzer (Engels Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal), me. Lenie van Zyl en me. Elsa van Zyl (lewensoriëntering en wiskunde), me. Frankie Nell (wiskundige geletterdheid), me. Magdeli Bosman (fisiese wetenskap), me. Marelize Delport en me. Lizmari van Eeden (tegniese fisiese wetenskappe), me. Elsa vander Schyff (Rekeningkunde ), me. Erika Brand en me. Carinche Pretorius (Toerisme), mnr. Gerhard Prinsloo (inligtingstegnologie), mnr. Pierre van Wyngaard (rekenaartoepassingstegnologie), mnr. Scholly Johannes, mnr. Christiaan van Greunen en mnr. Jacques Snyman (elektriese tegnologie), mnr. Jan Bosman en mnr. Gerhard Ebersohn (meganiese tegnologie), mnr. Andrew Els (siviele tegnologie) en mnr. Arrie Lombard (ingenieursgrafika en –ontwerp).
Me. Elsa van Zyl en me. Lenie van Zyl is aangewys as die beste wiskunde prestasie in Msukaligwa 1 en me. Magdeli Bosman het dié prestasie vir wetenskap ontvang.
Ammaarah Arbee, ’n leerder van Ligbron is aangewys as die top leerder in die streek.
Sy is ook met haar uitslae van 94.43% die top leerder in Ligbron.
Mnr. Gerhard Brand, skoolhoof, het gesê: “Baie geluk aan elke onderwyser en leerder, dankie vir julle toewyding en harde werk.”