Hoërskool Ermelo het onlangs weer hul jaarlikse groentjieskonsert aangebied wat vir vele vermaak gesorg het.
Hierdie konsert bied ‘n uitsonderlike geleentheid aan leerders om in gesonde kompetisieformaat te ontwikkel: vanaf tekste skryf, kostuums en dekor maak, afrigting, danse uitwerk, tot die tegniese aspekte soos beligting en klank.
Gepaardgaande hiermee word leerders uit hul gemaksone geneem – wat talle kere vantevore, verborge talente en onbekende belangstellings onthul het.

Elke leerder, vanaf die gr. 8’s wat die karakters in die konsert is, die gr. 9’s tot 11’s wat die huisdans doen en dirigente is, tot die gr. 12’s wat aan die hoof van al die reëlings staan, leer om nie net onder druk te werk nie, maar ook te presteer!
Hoewel dié hoogtepunt gesonde meedinging tussen die EHS se huise, Dorpshuis, Huis Veltman en Nelstehuis, is, skree, dans, sing en lééf elke leerder vir hul onderskeie huise!

Die uitslae is as volg:
- Beste dirigente – Dorpshuis
- Beste huisdans – Dorpshuis
- Beste tema uitgebeeld – Nelstehuis
- Beste advertensie – Dorpshuis
- Beste kostuums – Huis Veltman
- Beste dekor – Dorp en Huis Veltman
- Beste groentjiesdans – Dorpshuis
- Beste humor – Nelstehuis en Dorpshuis
- Beste nuusberig – Huis Veltman
- Roos van die aand – Abigail Venter (Nelstehuis) (Dié toekenning is ‘n nuwe byvoeging en word oorhandig aan enige karakter wat vir die beoordelaars uitgestaan het)
- Beste byspeler – Wianke Cloete (Nelstehuis)
- Beste storieverteller(s) –Amori Prinsloo en Rudolph Knoetze (Dorpshuis)
- Beste akteur – Ruan Grobler (Dorpshuis)
- Beste aktrise – Kaylin Coetzee (Dorpshuis)
- Beste konsert – Dorpshuis
- Die algehele wenner vir EHS Groentjieskonsert 2021 is Dorpshuis

Mnr. Pieter Grobler, skoolhoof het elke gr. 8, gr. 12, elke dirigent en elke leerder wat weer eens met hart en siel opgetree het, gelukgewens.
“Hoewel dié hoogtepunt gesonde meedinging tussen die EHS se huise, Dorpshuis, Huis Veltman en Nelstehuis, is, skree, dans, sing en lééf elke leerder vir hul onderskeie huise!
“Uiteindelik is dit egter besonders belangrik dat die Erries onthou: Hoërskool Ermelo is ‘n eenheid!
“Die produksies was oudergewoonte van hoogstaande gehalte en Hoërskool Ermelo is trots om dié tradisie jaar na jaar te kan voortsit – uitdagings en al!” Het hy ter afsluiting gesê



