NewsSchools

Erries meet kragte teen Hoërskool Middelburg

Hoërskool Ermelo se sportspanne is opgewonde vir die wintersport-seisoen wat voorlê.

Hoërskool Ermelo het op Vrydag en Saterdag, 7 en 8 Mei vir die eerste keer in bykans 14 maande amptelike wintersport-wedstryde gespeel teen Hoërskool Middelburg.

Dié vriendskaplike wedstryde was ter voorbereiding vir die liga, asook om die EHS-spanne te finaliseer.

Die tennis-spanne en die seunshokkie se wedstryde het Vrydag plaasgevind. 

EHS se dogtershokkie-, netbal- en rugbyspanne het op 8 Mei hul beurt gehad om te speel.
 
Die Erries van die onderskeie spanne en sportsoorte is dankbaar vir die geleentheid om weer wedstryde te kan speel.
 
Mnr. Pieter Grobler, skoolhoof, het gesê: “Al die Erries van die onderskeie spanne en sportsoorte het werklik hard geveg en is dankbaar om die geleentheid gegun te word om uiteindelik wedstryde te kan speel.”
 
 
“Baie geluk aan elke span wat gewen het en dankie aan die Erries, wat aanhou veg het en met trots hul koppe kon hoog hou,” het hy afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button