SECUNDA – Hoërskool Oosterland se hokkie- en netbalspanne het op Vrydag, 7 Mei met Hoërskool Delmas kragte gemeet.
Oosterland se 0/14A-, 0/14B- en die tweede netbalspan het hul wedstryde gewen met onderskeidelik 13-3, 10-8 en 19-11.
Die 0/15A-netbalspan het hul wedstryd verloor met 11-17 en die 0/15B-span met 2-16.
Oosterland se tweede netbalspan het ook verloor met 10-24.
Die 0/14-dogtershokkiespan het hul wedstryd gewen met 8-0 terwyl die 0/15- en 0/16-spanne in die stof gebyt het met 2-1 en 3-1.
Die eerste seunshokkiespan het Delmas geklop met 10-2.
Oosterland se rugbyspanne het met Hoërskool Bekker kragte gemeet en goed gevaar en drie spanne het hul wedstryd gewen terwyl net die 0/16-span verloor het met 83-3 en die eerste span met 20-15.
Die 0/14-span het met 25-5 gewen, die 0/15-span met 65-5 en die tweedespan met 50-19.
Hoërskool Oosterland en Hoërskool Hoogenhout het op Saterdag, 15 Mei op Oosterland se tuisveld kragte gemeet in hokkie, netbal en rugby.




