SECUNDA – Inwoners van ‘n tuinhuis-kompleks naby Highveld Ridge Primary School, is keelvol vir die vullis en gemors in die groenstroke om hul kompleks en het op Sondag, 27 Junie self dié gemors opgeruim.
Mnre. Barend Buitendag en Robert Kruppa het saamgestaan omdat hulle moeg is vir die vullis in hul omgewing.
“Dit lyk vieslik en hulle mors elke keer hier,” het mnr. Buitendag gesê.
Hulle vermoed dit is leeglêers en haweloses wat die swartsakke oopskeur en soms selfs aan die brand steek.
Volgens mnr. Buitendag verwyder die munisipaliteit nie die vullis in dié omgewing gereeld nie en dit gee leeglêers dan die kans om so te mors.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





