Die landloopatlete van Hoërskool Ermelo is Chester Mpahlele, Thobane Zwane, Bongmusa Vilakazi, Zané du Plessis, Caylin Loock, Mia Steenkamp en Nicolas Steyn. (Foto: Verskaf)
ERMELO – Landloopatlete van Hoërskool Ermelo het op 18 Augustus aan ’n landloopbyeenkoms by Hoërskool Hertzog deelgeneem.
“Daar is slegs een byeenkoms vanjaar en die Errie-atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt,” het mnr. Pieter Grobler, skoolhoof, gesê.
Die landloopatlete van Hoërskool Ermelo is Chester Mpahlele, Thobane Zwane, Bongmusa Vilakazi, Zané du Plessis, Caylin Loock, Mia Steenkamp en Nicolas Steyn. (Foto: Verskaf)
Bongmusa Vilakazi het in die S0/16 ’n eerste plek behaal en Chester Mpahlele ’n derde plek.
Nicolas Steyn het vierde in die S0/14 geëindig, Mia Steenkamp eerste in die D0/16 en Zané du Plessis tweede.
Caylin Loock het in die D0/17 met die louere weggestap.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.