ERMELO – Morgenzon Landbou Akademie se twee hengelspanne het die afgelope naweek die koue by Tago Vaaldam trotseer tydens die Mpumalanga Skoleliga se eindronde.
Ten spyte van die weer en moeilike hengelomstandighede, is daar ’n paar mooi blinklywe aan wal getrek.
Hier volg die dag en ook die liga se uitslae:
• Morgenzon B – 1ste
• Morgenzon A – 2de
• Dwayne Coetzee – swaarste sak
• Louhan Potgieter – grootste vis.
Algeheel:
• Morgenzon A – 1ste
• Morgenzon B – 4de.
Die A-span dring ook deur na die School of Champs wat in Oktober sal plaasvind.
Mnr. Alex Wehmeyer, die skoolhoof, het gesê: “Ons wens dié hengelaars alle sterkte toe en weet julle sal die Landtie-naam hoog hou. Stywe lyne!”



