NewsSchools

Laerskool Kruinpark op Secunda se ATKV-redenaars presteer

Altesaam het Laerskool Kruinpark drie Mpumalanga eerste plekke, agt redenaars op die top 10, ses redenaars op die ATKV nasionale top 100 en twee redenaars in die nasionale top drie.

Laerskool Kruinpark se kekkelkouse sluit die ATKV seisoen op ’n hoë noot af.

Altesaam het Laerskool Kruinpark drie Mpumalanga eerste plekke, agt redenaars op die top 10, ses redenaars op die ATKV nasionale top 100 en twee redenaars in die nasionale top drie.

Heike de Klerk het ’n eerste plek behaal in die groep vir graad 1 tot 3 huistaal tydens die ATKV-redenaars se streekeindstryd en het nasionaal tweede geëindig.

Busisa Mashego het ’n eerste plek behaal in die streekeindstryd vir die afdeling Afrikaans en eerste addisionele taal. Busisa het ook ’n nasionale derde plek behaal.

Kruinpark het ’n vierkuns by die Mpumalanga top10-streekseindstryd vir graad 4 en 5 huistaal behaal.

Hier was Abigail Zwarts eerste, Anru Aucamp sesde, Aiden Olckers negende en Imke van der Lith 10de.

Estian Knoetze het ’n tweede plek en Amelia Shaw ’n 10de plek by die ATKV Mpumalanga-streekeindstryd behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button