NewsSchools

Laerskool JJ van der Merwe spog met opknappings

Laerskool JJ van der Merwe beoog om die skool meer omgewingsvriendelik te bedryf.

ERMELO – Laerskool JJ van der Merwe het onlangs die skool se beheerliggaam en die leiers van 2021 se ouers vir die opknappingswerk bedank.

Die beheerliggaam en die ouers het hande gevat om die skoolterrein ’n nuwe baadjie aan te trek.

Laerskool JJ van der Merwe beoog om die skool meer omgewingsvriendelik te bedryf.

Van die opknappingswerk wat deur die beheerligaam gedoen is, sluit in die verf en herstel van die skool en voorskool se dakke, afdakke en palisades, die deurloop van die gradeblok is oorgedoen en die gr. 1-seunsbadkamer is opgeknap.

Die ouers het boorgate en JoJo-tenke laat installeer.

Gesamentlik het die beheerligaam en die ouers sonkragpanele by die skool geïnstalleer.

Mnr. Marius Nel, die skoolhoof, het die ouers en beheerliggaam vir al die opknappings bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button