ERMELO – Opwinding oor die verkiesing en bekendstelling van Hoërskool Ermelo se 2022 leierrade het op 20 Augustus by die skool geheers.
Die rade wat aangekondig is sluit in die Errieraad, koshuisrade, graadverteenwoordigers, asook die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL).
Carla Ferreira en Tiaan Grobler is as die presidente aangewys, met Kayla van der Meyden en Lood Geldenhuys as die vise-presidente.

Danél Olivier en Marius Nel is die sport voorsitters, Aloné Arnoldi en Walter van der Walt die kultuur voorsitters, Wian Swart en Frané Swart is die nuwe sekretaris en sekretaresse.
Die penningmeesters is Deidré van der Meyden en Tobie Leibbrandt en Ilandri Nel is die hotelraad voorsitter.
Die ander lede op die raad is Nkosephayo Dlamini, Hilde Jacobsz, Danielle Koçaj, Caylin Loock, Megan Marais, Sphesihle Msiza, Cara Snyman, Surika Struwig, Elandri Swart, Edrich Beyer, Ignus Ferreira, Marko Ferreira, Rynard Herholdt, Pieter Leibbrandt, Karabo Malatji, Sphesihle Maseko, CJ Steenkamp, Billy van der Walt, Diederick van der Walt en CJ van Huyssteen.

Die verskeie koshuisrade is ook aangekondig.
Vir die Dorpsraad is Marko Ferreira en Ilandri Nel as die voorsitters verkies. Saam met hulle op die raad is Edrich Beyer, Nkosephayo Dlamini, Hilde Jacobsz, Dirk Maritz, Sphesihle Msiza, Luyanda Nsibande, Danél Olivier en Billy van der Walt.
Huis Veltman-raad se voorsitter is Diederick van der Walt. Die ander leerders op die raad is
Ignus Ferreira, Lood Geldenhuys, Tiaan Grobler, Marius Nel, CJ Steenkamp, Wian Swart, Walter van der Walt, Kobus van Heerden en CJ van Huyssteen.
Elandri Swart is verkies as Nelstehuis se voorsitter, met Aloné Arnoldi, Carla Ferreira, Danielle Koçaj, Caylin Loock, Cara Snyman, Frané Swart, Deidré van der Meyden, Kayla van der Meyden en Surika Struwig wat vir die raad verkies is.





