Arend Fourie beur voorentoe met die bal in sy hande. (Foto: Verskaf)
ERMELO – Hoërskool Ermelo se rugbyspanne het op 21 Augustus na ’n lang gewag en baie onsekerheid oor die rugbyseisoen, teen Hoër Volkskool Heidelberg tydens ’n vriendskaplike wedstryd kragte gemeet.
Vir die gr. 12-rugbyspelers was dié wedstryd ’n bittersoet kragmeting, omdat dit die laaste een van hul hoërskoolloopbane was.
Armand du Preez hardloop doelgerig met die bal terwyl sy spanmaats hom bystaan. (Foto: Verskaf)
Die Covid-19-regulasies het rugbyoefeninge vanjaar tot ’n groot mate gestriem.
EHS se o. 15-span het hul teenstanders met 5-0 geklop.
Die o. 14-, o. 17- en eerste span het met tellings van onderskeidelik 19-5, 19-7 en 22-0 die knie gebuig.
Mnr. Pieter Grobler, EHS se hoof, het gesê dat die Erries dankbaar is om weer op die rugbyveld te kon wees, en hulle sien met verwagting uit na die res van die jaar se derbys.
Lunga Cindi hardloop volstoom met die bal. (Foto: Verskaf)
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.