Laerskool Standerton se geborgde gholfdag het op Saterdag 4 September by die Standerton Buiteklub plaasgevind.
Wessel van der Merwe het met 42 punte die eerste plek in die mansafdeling behaal, terwyl Frans Cronjé tweede was met 41 en Louis Gravett derde, ook met 41.
Julene Willemse het die vroue-afdeling deur 41 punte aan te teken, gevolg deur Elisca Pistorius met 36 en Alida Griesel met 33.
Jordaan Griesel het die juniorafdeling met 48 punte gewen, terwyl Tristan Baker tweede was met 44 en Wikus du Preez derde met 41.
Henré Naudé het by die ‘non-golfers’ 22 op die telkaart kon invul, gevolg deur Cois Oberholzer met 17 en Renier van Wyk, ook met 17.
Jannie Nichols was die naaste aan die pen op 2 en 11, terwyl Jacques Nel die naaste was op 8 en 17.
Patrizia Lombard het die langste dyf (rooi) aangeteken en Juan Nortjé die langste dryf (wit).



