NewsSchools

EHS-redenaars presteer tydens Oppie-Tong-Af Redenaarskompetisie

Vyf leerders van EHS het deurgedring na die nasionale eindronde wat vanaf 12 tot 20 Oktober in Midrand sal plaasvind.

ERMELO – Agt leerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die provinsiale uitdunne van die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelgeneem.

Dié leerders het in die individuele toespraakafdelings meegeding.

Die deelnemers moes toesprake van sowat vyf tot sewe minute lewer.

Dit het uit oorredende, motiverende, vermaaklikheids- en onvoorbereide toesprake bestaan.

Die leerders het ’n uur voor die kompetisie hul onderwerpe ontvang.

Hulle het ook aan die uitdagende Goue Tong-afdeling deelgeneem, waar die leerders hul onderwerpe vyf minute voor die kompetisie begin, ontvang het.

Vyf leerders van EHS het na die nasionale eindronde wat vanaf 12 tot 20 Oktober in Midrand sal plaasvind, deurgedring.

Chrizanne Joubert, ‘n gr. 9-leerder, het 90% in die oorredende toespraakafdeling behaal.

In die gr. 10-afdeling het Mienke Cloete 91% vir ‘n oorredende toespraak, Zané du Plessis 90% vir ‘n onvoorbereide toespraak, Raees Tikly 90% vir ‘n motiverende toespraak, Zanéke Ludick 90%

vir ‘n oorredende toespraak en Zané du Plessis 89% in die Goue Tong-afdeling behaal.

Mnr. Pieter Grobler, EHS se skoolhoof, het die leerders gelukgewens en hulle alle sterkte met hul voorbereiding vir die nasionale kompetisie toegewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button