Local sportNewsSchoolsSport

Hoërskool Secunda en HTS Middelburg meet kragte

Personeel en skoolbestuur is trots op leerders.

Hoërskool Secunda se wintersportspanne het op 10, 11 en 14 September met HTS Middelburg kragte gemeet.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne het meeste van hul wedstryde gewen en al die rugbyspanne het op hul tuisveld meegeding.

Secunda se 0/14-rugbyspan het HTS geklop met 33-7, terwyl die 0/15-rugbyspan in die stof gebyt het met 19-22.

Secunda se eerste- en tweede rugbyspanne het hul wedstryde gewen met onderskeidelik 37-7 en 34-22.

Hoërskool Secunda se dogtershokkiespanne het ook op hul tuisveld teen HTS Middelburg gespeel op 11 September en al hul wedstryde gewen.

Die 0/17A-hokkiespan se wentelling is 5-1, terwyl die 0/17B-span met 10-0 gewen het, die 0/15-span met 6-1 en die 0/14-span met 1-0.

Die seunshokkiespanne het op Middelburg meegeding en Hoërskool Secunda se 0/14-span het met 6-0 gewen, terwyl die 0/15-span gelykop gespeel het met 1-1 en die 0/17A-span het met 1-2 verloor.

Secunda se 0/16-span het met HTS Middelburg se 0/17B-span kragte gemeet en met 3-2 gewen.

Die netbalspanne het op 11 September aan die Mpumalanga Schools Netball-kampioenskap deelgeneem.

Hoërskool Secunda se 0/17-span het derde in Mpumalanga geëindig, die 0/16-span vierde, die 0/15-span derde en die 0/14-span tweede en dus gekwalifiseer om aan die Top Skole Suid-

Afrikaanse Netbalkampioenskap deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button