MunicipalNews

Inwoners op Standerton raak skoon moedeloos sonder water

Lekwa Munisipaliteit het gereeld aangedui hoekom wateronderbrekings hoogty gevier het.

Inwoners van wyk 10 in die middedorp het die afgelope week bontgestaan met ’n stortvloed waterprobleme.

Die Standerton Advertiser het op Donderdag 23 September die algemene verval by die Kieserstraat-reservoir opgemerk.

Water het op die sypaadjie deurgesypel hoewel geensins van die omvang waarna belastingbetalers as die ‘swembad’ verwys nie.

Lekwa Munisipaliteit het gereeld aangedui hoekom wateronderbrekings hoogty gevier het.

Waterdruk, ’n halstarrige pompeenheid, kragonderbreking by die reservoir, waterlekkasie by die Standerton Rivierpark en skoonmaak van die sedimentasietenk het keelvol en wanhopige inwoners se frustrasievlakke laat styg.

Die koerant het op Donderdag 23 September ’n WhatsApp-boodskap aan die kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur en kommentaar gevra oor die getal waterprobleme.

Lesers sal op hoogte gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button