Laerskool Standerton het op Vrydag, 22 Oktober hulle interhuis gehou.
Die Stannie-ouers het hulle kinders van buite die skoolterrein aangemoedig.
Volgens die skool, het al die atlete hulle beste gegee en hul begin binnekort, ter voorbereiding vir 2022 se atletiekseisoen, oefen.
Die volgende leerders is vir hul prestasies beloon:
Anél Wessels is as Junior Victrix Ludorum aangewys en Arrie Eksteen as Junior Victor Ludorum.
Alma Hipkin is as Senior Victrix Ludorum aangewys en Jordaan Griesel as Senior Victor Ludorum.
Inligting: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



