CrimeNewsStreeknuus

Broers met gesteelde spoorstaaf naby Delmas betrap

Die sekuriteitswag het opgemerk dat die bakkie swaar gelaai was. Die vrag het uit stukke spoorstawe bestaan.

Die wakker optrede en oplettendheid van ’n sekuriteitswag wat aan diens was, het gelei tot die inhegtenisname van twee diewe.

Hy was op Sondag, 14 November, omstreeks 19:15 met patrollie op die grondpad by Hawerklip, Delmas.

’n Verdagte Toyota Hilux-bakkie met ’n GP registrasienommer het op die R50 in die rigting van Leandra verby hom gery.

Volgens ’n mediaverklaring soos uitgereik deur kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas Polisie, het die sekuriteitswag ook opgemerk dat die bakkie swaar gelaai was.

Die vrag het uit stukke spoorstawe bestaan.

Die sekuriteitswag het vir die bestuurder van die verdagte voertuig gewys om te stop, maar die verdagtes het die bevel geïgnoreer.

Hy (die sekuriteitswag) kon tog daarin slaag om die verdagte voertuig te stop.

Die insittendes is in hegtenis geneem daar is verder ook op 13 stukke afgesnyde spoorstaaf beslag gelê.

Die verdagtes, twee broers van Vosloorus, mnre. Thulani Khoza (37) en Solly Khoza (34), het op Dinsdag, 16 November, vlugtig in die Delmas Landdroshof op die klagte van peuter met noodsaaklike infrastruktuur verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button