Marietjie Skool het twee leerders wat vroeër in Desember die ‘Bean There Coffee Company’ in Johannesburg besoek en geleer hoe om koffie te maak.
Dit is al lankal ’n droom van dié twee leerders, Thuso Mkwanazi en James du Toit, om te leer hoe om koffie wat in koffiewinkels bedien word te maak.
Proconics het dié geleentheid vir die leerdes moontlik gemaak en als gereël.
Een van die onderwysers van Marietjie Skool, me. Rita Meintjes, het die leerders vergesel op die dag en sy het me. Elmarie Koen van Proconics bedank dat hulle dié dag moontlik gemaak het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



