News

Baie reën kan dalk beperkte oesskade bring

’n Groot bydraende faktor die afgelope maande is die bewolkte weer en koeler temperatuur.

Die landbouprentjie in die Standerton-omgewing is nie geheel en al somber in weerwil van die reënval die huidige seisoen nie.

Mnr. Willie Griesel van Platkop Kontrakgroeiers (Edms) Bpk het op Vrydag 7 Januarie gesê dat meer as 500mm al sedert September verlede jaar geval het.

Die reënval het van streek tot streek gewissel, maar in ’n 50km radius om Standerton is die skade beperk.

Hy het skade weens reënval op 20% geskat.

Mnr. Griesel was die afgelope week in die Vrystaat en in dele soos Hoopstad lyk dit aansienlik erger.

“Ons omgewing lyk soos die paradys,” het hy bygevoeg.

’n Inwoner het voor die nuwe jaar dié lugfoto van Grootdraaidam geneem wat aandui hoe vol die dam is. (Foto: Verskaf)

Volgens hom, sal die oes van verlede jaar nie realiseer nie, met inagneming van die versuipkolle plek-plek.

Plante wat vroeër geplant is, staan ook ’n beter kans op oorlewing.

’n Groot bydraende faktor die afgelope maande is die bewolkte weer en koeler temperatuur.

Sonlig wat broodnodig vir die gewasse is, speel ook ’n rol omdat nie, soos in die verlede, daarop staatgemaak kan word nie.

Standerton is egter allerweë vir sy koeler temperatuur bekend.

Volgens betroubare inligting. is dit nie ’n natter jaar as normaalweg nie.
Sommige boere kon ook vir lang tye nie in hul lande inkom nie.

Wat haelskade aanbetref, het die gewasse ook die wind van voor gehad en bykomend tot die reënval, moet boere dit ook in berekening bring.

Die Hoëveldse boere sal wel teen strooptyd die groter prentjie sien.

The farmlands on a farm between Trichardt, Bethal and Kriel are drenched after heavy rainfall. The area received more than expected rain in November and December. (Photo: Supplied)

Ridge Times se verslaggewer op Secunda, Jana Oosthuizen, het met mnr. Ryno Beukes gesels.

Mnr. Beukes boer tussen Bethal, Trichardt en Kriel.

Volgens hom het die plantseisoen goed begin maar die baie reën bedreig nou oeste.

Hy het die hoë reënval aan die La Nina-weertoestand toegeskryf.

Die La Nina-verskynsel lei tot hoër reënval in sekere dele van die wêreld soos suiderlike Afrika, en minder reën in ander dele soos Suid-Amerika.

“Weens buitengewone sterk wind en haelstorms in November, het verskeie boere skade opgedoen en moes hulle hul lande herplant.”

Mr Beukes het in November 171mm reën op sy plaas gemeet en 203mm in Desember.

Sedert September het 550mm reën al op sy lande geval. Volgens hom. is dit buitengewoon.

“Die plante versuip en die landerye verkleur na geel.

“Die plante groei ook stadig en die nat toestande bevorder swamme. Dit kan tot groot oesskade lei.”

Onwqeerwolke pak saam op Vrydag 7 Januarie om 1:45 op die pad na die Departement van Waterwese.

Volgens mnr. Beukes veroorsaak die baie reën ook ’n agterstand in lugbesproeiïng en is die waglyse vir hierdie dienste reeds baie lank.

Boere kan ook nie kunsmis op die landerye toedien nie.

“Hoewel ons dankbaar is vir die reën, raak die skade aan ons oeste nou al onafwendbaar.

“Ons hoop daar sal nog genoeg sonnige dae wees sodat die plante kan groei.

“Die reën bly steeds ’n seën en die weivelde floreer en die meeste damme oorstroom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button