CrimeNewsStreeknuus

Verdagte in renosterhoringsaak in Delmas ook nou vas vir ou oortreding

Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad, het op Vrydag, 14 Janaurie ’n lasbrief vir mnr. Rogeriao Domingos Moaine (52) uitgereik.

’n Man wat verlede jaar digby Delmas vir die besit van renosterhoring vasgetrek is, word nou gesoek nadat hy versuim het om op ’n bepaalde datum in die hof in Nelspruit te verskyn.

Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad het op Vrydag, 14 Januarie ’n lasbrief vir mnr. Rogeriao Domingos Moaine (52) uitgereik. Dít terwyl die verdagte op dieselfde dag in Delmas Streekhof verskyn het.

Moaine en ’n mede-verdagte is sedert Oktober verlede jaar in die Modderbee-gevangenis, hangende ’n borgaansoek ná hulle in dieselfde maand in besit van ’n renosterhoring betrap is.

Rogeriao Domingos Moaine. (Foto: Verskaf)

Moaine was egter ook in Maart 2016 in Kaapmuiden in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde jaggeweer met knaldemper en ammunisie.

Volgens ’n mediaverklaring deur kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, mediawoordvoerder vir die Valke in Mpumalanga, het Moaine toe verskeie kere in die hof verskyn en was hy toe op borgtog vrygelaat, maar het daarna nooit weer by die hof opgedaag nie.

Die Delmas Polisie op 14 Oktober 2021 twee verdagte duimgooiers op die N12 by die Bapsfontein afrit gewaar.

Die polisielede het by die mans, wat ’n swart vuilgoedsak, toegedraai met bruin kleefband, gedra het, gestop.

Binne in die sak was ’n plastiese houer, bedek met klere.

Die geweer wat in 2016 by die verdagte, Rogeriao Domingos Moaine, gekry is. (Foto: Verskaf)

“Groot was die polisielede se verbasing toe hulle die klere oplig en ’n massiewe renosterhoring daarin vind,” het kol. Sipho Sithole, bevelvoerder van die Delmas Polisie, daardie tyd aan Streeknuus gesê.

Moaine en Elliot Clifford (55) is inhegtenis geneem vir verdere ondervraging.

Volgens betroubare inligting ontvang, word die moontlikheid ondersoek dat dié twee verdagtes by ’n baie groot renosterhoringsindikaat betrokke kan wees.

Moaine sou op Maandag, 17 Januarie, in die hof in Nelspruit verskyn vir die nie-nakoming van borgvoorwaardes en versuim om op ’n bepaade datum in die hof te verskyn.

Intussen duur die ondersoek vir die besit van renosterhoring teen hom (Moaine) en Clifford voort.

Die saak vir aansoek om borg is uitgestel na Donderdag, 14 Februarie.

Renosterhoring waarop daar in Oktober verlede jaar op die N12 digby Delmas beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button