’n Trotse slaagsyfer van 97.9% vir Hoërskool Delmas se 2021-matrieks
Hoërskool Delmas het die eerste plek in die kring met ’n slaagsyfer van 97,9% behaal.
Die matrieks van 2021 het uitstekend gevaar tydens hul eindeksamens in 2021.
Hoërskool Delmas het die eerste plek in die kring met ’n slaagsyfer van 97,9% behaal.
Die matrieks het ten spyte van ’n baie moeilike gr.11- en 12-skooljaar te midde van die Covid-19 pandemie daarin geslaag om 77 onderskeidings in die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen te behaal.
Daar het ook 63% met universiteitsvrystelling geslaag en 32% kwalifiseer vir diplomastudies.
Die top 10-presteerders vir 2021 is:
1. Clarinda van Niekerk (85,57% ) met vyf onderskeidings
2. Stephan Vorster ( 85,43% ) met ses onderskeidings
3. Hané Els (81,86% onderskeidings
4. Reinhardt Borsch (81,71%) met onderskeidings
5. Bridget Prinsloo (80,71% ) met vyf onderskeidings
6. Tiané Barkley (80,57% ) met vyf onderskeidings
7. Gerhard Claassen (79,57% ) met vyf onderskeidings
8. Ruan van Loggerenberg (78,43% ) met vier onderskeidings
9. Carla Steyn (77,43%) met 2 onderskeidings
10. Zenia Kotzé (75,71%) met vier onderskeidings
Dellies se hoof, Cas Badenhorst, en personeel het die toppresteerders en matriek-leerders van 2021 baie geluk gewens met hul uitsonderlike prestasie.












