NewsSchoolsStreeknuus

Skole-atletiek is weer terug by Dellies

Drie skole, naamlik Hoërskool Delmas, Hoërskool Stoffberg van Brakpan asook Hoërskool John Vorster van Nigel het aan die vriendskaplike byeenkoms deelgeneem.

Hoërskool Delmas was die gasheer vir ’n tuisbyeenkoms wat op Vrydag, 21 Januarie plaasgevind het.

Die atmosfeer was dié van gemoedelike samesyn, veral nadat toeskouers sedert onlangs weer by sport byeenkomste toegelaat word na die lang inperking wat Covid-19 tot gevolg gehad het.

Hoërskool Delmas, Hoërskool Stoffberg van Brakpan en Hoërskool John Vorster van Nigel het aan dié vriendskaplike byeenkoms deelgeneem.

Hoërskool Stoffberg met 1245.5 punte het as wenners uit die stryd getree met Hoërskool Delmas met 1026 punte in die tweede plek en Hoërskool John Vorster met 885.5 in die derde plek.

Die volgende atletiekbyeenkoms op die tuisbane van Dellies vind op Vrydag, 28 Januarie plaas.

Merke, gereed, aksie. André Liversage spring weg.
Langasem, Michelle Myburg.
Nardus van der Vyfer in aksie tydens gewigstoot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button