News

VLU-vroue op Standerton skop die jaar op vrolike noot af

As terma vir die geleentheid kon die vroue soos ’n sprokieskarakter aantrek en mee. Swart, Marinda Visser en Anneline Smith was nie links nie met hul uitbeeldings van Rooikappie, Klaavakie en Liewe Heksie.

Die Kaalspruit-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op Dinsdag 18 Januarie om ’n maandvergadering by die saal van die Hervormde Kerk gehou.

Me. Marietjie Swart, voorsitter, het die vergadering gelei nadat me. Charlotte Jacobs die Mary Stuart-gebed gelees het.

Die streekvoorsitter, me. Gerda Büter, was ook teenwoordig.

As terma vir die geleentheid, kon die vroue soos ’n sprokieskarakter aantrek en mee. Swart, Marinda Visser en Anneline Smith was nie links nie met hul uitbeeldings van Rooikappie, Klaasvakie en Liewe Heksie.

’n Streekvergadering is vir 25 Maart op Devon beplan en die streekkonferensie vir 3 Maart by ’n gastehuis op die dorp.

VLU-lede se kompetisie-artikels sal by laasgenoemde beoordeel word.

Me. Büter het ’n lidmaatskapstoekenning van 58 jaar aan me. Roz du Preez oorhandig.

Sake op die agenda is afgehandel en hul volgende vergadering vind op 15 Februarie plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button