Hoërskool Standerton se atlete het onlangs op Secunda meegeding en presteer.
Zandré van Wyk het die driesprongrekord verbeter van 10,60m na 10,73m, Teninke van Niekerk het die 100m-hekkies verbeter van 14,60 sek na 14,30 sek, asook die 100m-rekord van 12,69 sek na 12,23 sek.
Die D0/16-aflosspan het die rekord van 53,00 sek na 52,73 sek verbeter.
Jayden Pretorius is as die beste juniorseun in worpe aangewys en Van Niekerk as beste senior-naelloopdogter, sowel as beste senior-dogtershekkiesatleet.
Van Niekerk het die Senior Victrix Ludorum-toekenning ontvang.
Sy het ook onder Bethal se top 15 geëindig en ’n 100m-hekkiesrekord, wat vir 27 jaar gestaan het, verbeter.
Haar afrigters is mnr. Riaan Viviers en me. Elsjé Human Greaves.




