News

AfriForum en gemeenskap doen herstelwerk aan Loffies-pad

AfriForum se Delmas-tak het bygedra om die projek moontlik te maak deur die slaggat-vulsel te voorsien.

AfriForum, in samewerking met die Eloff-gemeenskap, het begin om die slaggate voor Laerskool Eloff se hoofingang in Taylorstraat te herstel.

Hierdie projek het op Dinsdag, 8 Februarie, onder leiding van André Gildenhuys, oud-skoolhoof van Laerskool Eloff en George Moulder, oud-posmeester van Delmas afgeskop.

AfriForum se Delmas-tak het bygedra om die projek moontlik te maak deur die slaggat-vulsel te voorsien.

Die slaggate was reeds daar, maar met die onlangse harde en aanhoudende reën, het Taylorstraat haas onbegaanbaar geraak en was dit bloot nie meer veilig om dit te gebruik nie,” het ’n ouer gesê.

“Ek wil vir AfriForum baie dankie sê vir die slaggat-vulsel wat hulle voorsien het. Ons beplan om weer daarvan gebruik te maak. Sommige van die slaggate is groot en diep, maar ons moes iewers begin.”

Gildenhuys het Streeknuus meegedeel dat hulle beplan om weekliks ’n paar slaggate te vul.

“Met ons eerste poging, het ons reeds 14 slaggate binne slegs twee ure gevul. Ons beplan om weer op Dinsdag, 15 Februarie tussen 09:00 en 11:00 gate te vul en nooi enige persoon van die publiek om te kom hand bysit. Ons hoop om verdere skenkings van teer en vulsel vanuit die gemeenskap te ontvang sodat ons met die projek kan volhou.”

“Baie dankie aan almal wat met die herstel van slaggate in Taylorstraat begin het. Al die Loffies waardeer dit opreg,” het Louise van Niekerk, skoolhoof van Laerskool Eloff, laat hoor.

“André en George se bereidwilligheid om in te spring en self te doen, is ’n uitstekende voorbeeld van hoe ’n gemeenskap kan saamwerk om probleme self op te los. Ek spreek my opregte dank uit teenoor dié twee manne wat ingespring het om die slaggate voor die hoofingang van Laerskool Delmas te herstel. Dankie ook aan Laerskool Eloff wat die hulp met arbeid voorsien het. Saam maak ons ’n verskil,” het Carel Botha, voorsitter van AfriForum, in Delmas gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button