Diewe steek substasie naby Delmas aan die brand
Vóór hulle met die gesteelde goedere op die vlug geslaan het, het die bende egter eers die substasie aan die brand gesteek.

Miljoene rande se skade is aangerig ná boosdoeners ’n substasie aan die brand gesteek het.
Die Brakfontein-substasie buite Delmas is op 5 Januarie deur ’n groep van sowat 10 gewapende boosdoeners beroof.
Veiligheidswagte was aangehou terwyl die verdagtes verskeie items vanuit die kragstasie verwyder het.
Vóór hulle met die gesteelde goedere op die vlug geslaan het, het die bende egter eers die substasie aan die brand gesteek.
Die beraamde koste van die skade aan die transformator by die substasie en gesteelde goedere beloop sowat R7m.
’

n Saak van besigheidsroof is by die Delmas Polisie geopen.
Dit was egter nie die einde van die skade nie.
’n Span van drie veiligheidswagte is omstreeks 14:00 op 28 Januarie op die perseel geplaas en het hulle hul roetine patrollies gedoen.
Met hul aankoms by die substasie het drie gewapende mans op die toneel verskyn.

Verskeie skote is glo op die wagte gevuur waarna die verdagtes skuiling in die nabygeleë mielielande gaan soek het.
Die veiligheidswagte het vir ondersteuning gevra en een van die verdagtes is vasgetrek.
Ilary Nkonze (41) is met nege bondels koperkabel ter waarde van sowat R50 000 betrap.
Hy het intussen in die Delmas Landdroshof op ’n aanklagte van peuter met noodsaaklike infrastruktuur verskyn.