MunicipalNewsStreeknuus

Keelvol inwoners van Cullinan soek antwoorde

“Vir hoe lank gaan ons nog tevrede moet wees met die paaie?”

Keelvol inwoners van Cullinan het op Saterdag, 5 Februarie ’n protesoptog in Oaklaan gehou oor die huidige toestand van drie paaie in dié geskiedkundige dorp.

Tydens die optog was die petisie van DA-raadslid JB Bekker aan rdl.Shaun Wilkinson, die voorsitter van die petisie-komitee, oorhandig.

Die petisie wat die DA Saterdag ontvang het, is reeds ingedien en is tans die eerste petisie waaraan die span raadslede wat met petisies werk, aandag gee.

Inwoners beweer dat twee hoofstrate, Oaklaan en Rangeweg, sonder rede en oornag opgegrawe is en vir ’n geruime tyd net so gelos is.

“Agt maande gelede was die Oaklaan-pad opgegrou. Die pad het niks makeer nie. Daar was geen verduideliking hoekom nie.

“Hoekom moet ons elke maand tariewe betaal om diens te ontvang, maar ons paaie lyk so?” het die organiseerder van die optog, René Puren, vertel.

Dié twee paaie bestaan nou net uit die fondasie-grondpad met teeropervalk wat stukkies gruis bevat en skade aanrig, veral vir die inwoners waar daar nie ’n ander alternatiewe roete is nie.

“Rangeweg strek van die hoofpad af tot bo by Koppiesdraai. Die hele pad lyk sleg. Dit is net los klippe. As dit rëen is dit ’n gemors.

“Van die gedeeltes is so erg dat’n mens nie twee voertuie langs mekaar kan ry nie.

“Hier is slote en ons voertuie verniel. Jy ry en hoor die groot klippe teen jou voertuig opskiet,” het inwoner Chantel Briedenhann laat oor.

“Die drie strate se projek het in die huidige finansiële jaar, vanaf Julie 2021 tot Jun 2022, begin.” het Bekker laat hoor oor die tydperk waaroor inwoners antwoorde soek.

Die projek bestaan uit drie paaie, naamlik Rangeweg, Olienhoutstraat en die helfte van Oaklaan wat tans 65% voltooid is.

Die pad is glo opgegrawe omdat Cullinan-inwoners gevra het vir die opgradering van die stormwaterstelsel.

“Om dit aan te pak, moet die pad oorgedoen word” het Bekker bygevoeg.

Die projek was positief aangewend maar danksy laborotoriumtoetse wat verlede jaar baie tyd opgeneem het, het die projek vir lank stilgestaan.

Die inwoners se voertuie, bande, opritte en gesondheid is negatief geraak deur die projek wat nog nie resultate kon lewer nie.

Daar is inwoners met rolstoele wat sukkel on vanaf hul huise tot by die winkels te beweeg. Die inwoners moes self hul opritte uitgrou sodat hulle by die erwe kon inry en so het die probleem net vererger.

“Ek het as inwoner voor die verkiesing met die kontrakteurs begin werk sodat ek kon vasstel wat aangaan. Die inwoners is selde ingelig oor die saak.”

Vanaf die verkiesing neem Bekker die voortou met watertrokke om die stof te probeer verminder sonder om finansiële druk op Streek 5 te plaas.

“Ek het onophoudelik begin vrae vra oor die projek, die pad vorentoe en waarom dit so lank neem om te voltooi.

“Met die petisie en die span wat saam met my werk, sal ons aanhou om namens die inwoners te baklei, om dit te voltooi voor dit verder agteruit gaan.” het Bekker afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button