MunicipalNewsStreeknuus

Is daar lig aan die einde van die ‘riool-tonnel’ op Eloff?

Aanvanklike beplanning was om van septiese tenks gebruik te maak en sodoende die riooluitvloeisel van die betrokke blok woonstelle te hanteer.

Die rioolkrisis in Taylorstraat op Eloff duur reeds vir etlike jare voort, maar daar blyk ’n moontlike oplossing te wees.

Die DA-raadslid van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit, Diane Bath, het Streeknuus ingelig dat die beheerliggaam van die Eloff Square-woonstelle planne en ’n oplossing vir die

langdurige riool-krisis aan die munisipaliteit voorgelê het.

Volgens Bath, wag die beheerliggaam egter glo tans op die goedkeuring van die planne voordat daar met die werk begin kan word.Die tydsduur en aanvang van die projek kon egter nie bevestig word nie.

Streeknuus het op drie vorige geleenthede met VKLM in verbinding getree om duidelikheid oor die aangeleentheid te verkry, maar teen druktyd is steeds geen terugvoer verkry nie.

Soos reeds sedert 2017 in verskeie uitgawes van Streeknuus berig, het daar ’n rioolprobleem ontstaan kort nadat die Eloff Square-woonstelle in Eloff gebou is.

Aanvanklike beplanning was om van septiese tenks gebruik te maak en sodoende die riooluitvloeisel van die betrokke blok woonstelle te hanteer.

Volgens inligting bekom, was daar egter meer woonstelle gebou as wat daar aanvanklik voor begroot was.

Om sake te vererger, word die toevoerpyp wat riool vanaf die woonstelle na die septiese tenk lei, glo ook gereeld deur ’n nabygeleë vervoermaatskappy se swaarvoertuie beskadig.

Dit veroorsaak dan lekkasies wat verder veroorsaak dat riooluitvloeisel in die strate beland.

Vir die inwoners bly die stinkende riooluitvloeisel ’n probleem.

Steeds kan voertuie nie in en uit hul erwe beweeg sonder om deur rioolvuil te loop of ry nie.

Soos in Streeknuus (1 Oktober 2021) berig, is die opdamming van riooluitvloeisel ook digby die hoofingang van die laerskool op Eloff, wat ’n gesondheidsgevaar vir beide inwoners en leerders inhou.

“Die riool skuins oorkant Laerskool Eloff bly maar ’n ewigdurende probleem,” het André Gildenhuys laat weet.

Lees meer in ’n volgende uitgawe oor die vordering en beplande verligting rondom die jarelange probleem vir die inwoners van Eloff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button