NewsSchools

Stannies wen kampioenskap op ’n drafstap

Altesaam 24 skole van Lekwa-Oos en Lekwa-Wes het mekaar die stryd aangesê, waar Stannies se 316 punte ’n sege verseker het.

Laerskool Standerton het gemaklik geseëvier by die Smarties-atletiekbyeenkoms wat op Maandag 7 Februarie en Dinsdag 8 Februarie op hul tuisveld plaasgevind het.

Altesaam 24 skole van Lekwa-Oos en Lekwa-Wes het mekaar die stryd aangesê, waar Stannies se 316 punte ’n sege verseker het.

Laerskool Kalie de Haas het tweede met 100 punte geëindig, gevolg deur Standerton Primary School met 95 en Laerskool Jeugkrag met 51.

Lindilanga Primary School het 40 punte behaal, Madi Combined School 33, Thandeka Primary School 28, iGugulabasha Primary School, asook iSifisosethu Primary School 25 en Ulwazi Primary School 23.

Die baanitems is die eerste dag afgehandel en velditems die tweede dag, waaronder werpskyf, hoogspring, verspring, spiesgooi en gewigstoot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button