News

Edelvalkers op Standerton bied kompetisie aan

In rooibok met ’n rus het Jaco Booysen eerste geëindig met 45,07, gevolg deur Jako Steenkamp met 44,05 en Riaan Booysen met 44,03.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 12 Februarie by die Ever Genis-skietbaan ’n kompetisie aangebied.

Skuts het na verskeie tabelle aangelê waarvan die uitslae soos volg is:

In rooibok met ’n rus het Jaco Booysen eerste geëindig met 45,07, gevolg deur Jako Steenkamp met 44,05 en Riaan Booysen met 44,03.

Johan Geldenhuys het 44,02 behaal, Jaco Booysen (jnr) 42,03 en Johan Hepburn 41,04.

By die juniors het Janko de Klerk 31,01 behaal, Meeding Eksteen 30,00 en Sydney de Bruin 6,00.

By die vroue het Helen Ellis 39,00 aangeteken, Carla Lues 38,01 en Annatjie Buys 28,04.

Jaco Booysen het by die vlakvark-tabel 43,05 behaal, gevolg deur Helen Ellis en Carla Lues, albei met 41,03.

JC Schoeman en Iwan Lues het albei 40,02 behaal, gevolg deur Johan Hepburn met 38,01.

By die juniors het Janko de Klerk 45,05 aangeteken, Meeding Eksteen 24,00 en Jaco Booysen 7,00.

By die vroue het Annatjie Buys derde geëindig met 14,00.

Johan Geldenhuys het met die haelgeweer 13,00 aangeteken, gevolg deur Jako Steenkamp met 11,00 en Lourence Buys met 10,00.

JC Schoeman het 6,00 behaal, Iwan Lues en Michael Joubert albei 4,00 en Carla Lues 1,00.

Jaco Booysen het by die .22 eerste geëindig met 134,02, gevolg deur Jako Steenkamp met 130,01, Jacques Dalhouzie met 125,00 en Riaan Booysen met 123,01.

Carla Lues het by die vroue 122,00 aangeteken, gevolg deur Helen Ellis met 102,00 en Rina Booysen met 100,02.

By die juniors het Jaco Booysen 117,01 behaal, gevolg deur Jurriaan Booysen met 108,00.

Meeding Eksteen het 105,00 aangeteken en Marnus Booysen 65,00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button