CrimeNewsStreeknuus

Nóg vier vir kabeldiefstal in hegtenis geneem

Die wagte het by die wit Audi gestop en by nadere ondersoek het hulle opgemerk dat vier mans besig was om ondergrondse kabel van Transnet in die Audi se kattebak te laai.

Veiligheidswagte het op 14 Februarie vier vermeende kabeldiewe in die Dwarsfontein-omgewing vasgetrek.

Die wagte was die aand omstreeks 23:00 met ’n roetine toe hulle ’n verdagte wit Audi op die R555, Dwarsfontein, gewaar het.

Die Audi se bagasiebak en enjinkap was oop.

Die veiligheidswagte het glo ook mans wat besig was om iets in die voertuig se bagasiebak te laai, opgemerk.

Die wagte het by die Audi gestop en by nadere ondersoek het hulle opgemerk dat vier mans besig was om ondergrondse kabel van Transnet in die Audi se kattebak te laai.

Die veiligheidswagte kon daarin slaag om die vier verdagtes, Chairman May (32), Andries Shabangu (22), Sabelo Zondo (36) en Thomas Ndlovu (32) op die toneel in hegtenis te neem.

Daar was op 10 rolle Transnet-ondergrondse kabel met ’n geskatte waarde van R10 000, sowel as grawe, ’n pik en saag beslaggelê.

Al die bewysstukke, tesame met die wit Audi is by Delmas Polisie ingeboek.

Teen druktyd sou die vier verdagtes binnekort in die Delmas Landdroshof verskyn op ’n klag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere asook ’n verdere klag van peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button