NewsSchoolsStreeknuus

Heidi Kleuterskool op Delmas se oupas en oumas hou piekniek onder die bome by Rome

Heidi Kleuterskool se immergewilde oupa- en oumadag kon na twee lang jare weer op Vrydag, 11 Februarie gevier word.

Oupas, oumas en kleingoed het gesellig onder die groot koeltebome langs die Rome Saal van Laerskool Delmas, piekniek gehou.

Heidi Kleuterskool se immergewilde oupa- en oumadag kon na twee jaar weer op Vrydag, 11 Februarie gevier word.

Die skoolhoof, Riëtte Wheller, het die verrigtinge met ’n gebed geopen. Grootouers is met ’n gedig vereer.

“Ons is so dankbaar dat ons hierdie dag saam met almal kan bestee. Dit was twee lang jare wat ons dit, te midde die Covid-19 inperking, nie kon doen nie. Ons is daarom dankbaar vir die son wat skyn en ’n heerlike dag en ook vir elkeen wat dit kan bywoon,” het sy gesê.

Cansa was teenwoordig en vir slegs ’n klein donasie ten bate van kankernavorsing, kon kleuters en grootouers hul hare laat inkleur wat die dag meer kleurvol gemaak het.

Grootouers kon ook die kleuters bederf met van Tippie leer-my-lees boeke by die uitstalling by hul uitstalling in die Rome Saal.

Wheller het Laerskool Delmas bedank vir die gebruik van hulle gerieww.

“Heidi Kleuterskool waardeer die vennootskap wat ons met Laerskool Delmas het.”

Die karakters, Tippie en Tokkie, het ook kom kuier en vir groot vermaak onder die kleingoed gesorg.

Gevul met bederf-lekkernye het die oumas en oupas se piekniekmandjies gesorg vir die perfekte afsluiting van Heidi Kleuterskool se pretgevulde oupa- en oumadag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button