Laerskool Delmas se landsdiens-leerders verdien spogregte
Mpumalanga Landsdiens, Laerskool Delmas, Goue Renoster-plakker, Calli Hong, Mat Hong, Ruaan Raath, Marlize van Wyk, Demas, Thia Botha
Laerskool Delmas spog met drie leerders wat tot dusver top-pryse in ’n Mpumalanga Landsdienskompetisie verower het.
Volgens die Mpumalanga Landsdiens, fokus die organisasie op die holistiese ontwikkeling van die kind.
Die vier pilare is die liefde vir hul Skepper, medemens, die natuur en arbeid.
Vir die drie leerders van Laerskool Delmas het hul volgehoue pogings vrugte afgewerp.
Calli Hong, ’n gr.7-leerder, het as wenner uitgetree met twee Goue Renoster-plakkers sowel as R1 000.
Mat Hong, gr.4-leerder, het sy eerste boekie met 10 plakkers volgemaak en boonop meer as R600 se plakkers verkoop.
Ruaan Raath, gr.5-leerder, het sy eerste goue plakker en R50 verdien.
“Baie geluk aan ons leerders,” het Marlize van Wyk, onderwyser van Laerskool Delmas laat weet.
“Die kompetisie is nog nie verby nie. Kry nog plakkers en net dalk is jy die volgende gelukkige leerder om ’n goue plakker te kry,” het Van Wyk Laerskool Delmas se leerders aangemoedig.



