Hoërskool Standerton het die top 10 seuns- en dogtersatlete van die interhoër op Saterdag 19 Februarie op Secunda bekendgemaak.
By die dogters het Teninke van Niekerk die eerste plek behaal.
Sy het die D0/16 se 200m-rekord verbeter na 25,72 sek en die Senior Victrix Ludorum-trofee in ontvangs geneem.
Teninke is ook as die beste seniordogtersatleet aangewys.
Zandré van Wyk het tweede op die top 10 geëindig en die 400m-hekkies se rekord na 65,51 sek verbeter.
Chane Vosloo was derde, gevolg deur Danika Steyn en Marlize Rautenbach.
Lara Pretorius het die sesde plek behaal, gevolg deur Reabetse Buthelezi, Lirina Pretorius, Carla van Rooyen en Lerato Mavuso.
By die seuns het Katleho Majake die eerste plek behaal en MC Roux het tweede geëindig, gevolg deur Stian du Plessis en Kofi Kyei.
Eduan de Klerk het in die vyfde plek geëindig, terwyl Joy Skosana sesde was en Nkhosenhle Madela sewende.
Letti Ngwenya het die agtste plek behaal, gevolg deur Jayden Pretorius en Arno Booysen.
SHS het na die interhoër hulle ludorums aangewys, op junior- en senior-vlak.
Teninke is as Senior Victrix Ludorum aangewys en Lerato as Junior Victrix Ludorum.
Katleho is as Senior Victor Ludorum aangewys en Kofi as Junior Victor Ludorum.








