News

Groenstrook Gabbas maak Secunda Eendedam skoon

Belangstellendes kan Groenstrook Gabbas help skoonmaak op Maandae.

Die Groenstrook Gabbas, wat weekliks by die Secunda Eendedam en in die groenstroke werk deur gras te sny, vullis op te tel en skoon te maak, het op Maandag, 28 Februarie begin om van die hiasinte wat tans die dammetjie oorneem, uit te haal.

Dié waterplant is ’n indringerplant wat in damme groei en skade aan ander waterlewe in die dam kan veroorsaak.

Mariaan Chamberlain, DA-raadslid, het gesê Govan Mbeki Munisipaliteit is in die proses om ’n soort slak wat dié plante eet in die Eendedam los te laat, wat dan sal help om die probleem te bekamp.

“Die munisipaliteit sou dit verlede week gedoen het, maar blykbaar wag hulle vir Rhodes Universiteit wat gaan help om dié projek aan te pak,” het Chamberlain gesê.

Dié universiteit moet glo eers die slakke laat teel en sal dan binnekort die slakke in die Eendedam vrylaat.

Rika Lamprecht, van die Groenstrook Gabbas wat met ’n kano gehelp het om van die hiasinte te verwyder, het gesê daar is verskriklik baie van dié plante in die dam en sy en van die Groenstrook Gabbas gaan elke Maandag vanaf 08:00 by die dam werk.

Belangstellendes is welkom om hulle op Maandae te gaan help.

Vir meer inligting, skakel Lamprecht by 082 948 6231.

Rika Lamprecht haal met haar kano van die waterhiasinte aan die dieper kant van die Eendedam uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button