Local newsNews

VLU-vroue bied konferensie op Standerton aan

’n Kers is vervolgens aangesteek om VLU-lede, wat oorlede is, in ’n paar minute stilte te herdenk.

’n Konferensie van die Hoëveldstreek van Mpumalanga se VLU het op Donderdag 3 Maart by die Waterfront plaasgevind.

Die saal was keurig versier met ’n protearangskikking op elke tafel en geskenksakkie, met allerlei items in, vir die vroue.

Die volgepakte program is ingelui met ’n boodskap en gebed deur ds. Wihahn de Beer, NG Kerk, Moedergemeente, se leraar.

Ria Brink, voorsitter van die Vaalrivier-tak het hom gepas bedank.

Arista van der Merwe voor die klawerbord met haar vertoning. (Foto: Verskaf)

Gerda Büter, president, het die verrigtinge gelei met Arista van der Merwe wat daarna ’n gebed gesing en haarself begelei het.

Altesaam agt takke was by die funksie teenwoordig en afgevaardigdes het later die geleentheid gekry om vir nuwe ampsdraers te stem,

Marietjie Swart, voorsitter van die Kaalspruit-tak het die verwelkoming gedoen.

Op ’n ligte noot het die vertoning van Ria Adendorff se mimiekspel, op die maat van Byeboerwa van Carike Keuzenkamp, algemeen byval gevind.

’n Kers is vervolgens aangesteek om VLU-lede, wat oorlede is, in ’n paar minute stilte te herdenk.

Bettie Fourie aan die woord by die VLU-konferensie op Donderdag 3 Maart. (Foto: Verskaf)

Gerda het die verhoog gedeel met vorige presidente van streke en die president van SAVLU, Cindy Coetzee, wat die vroue toegespreek het.

Eregaste is ook welkom geheet.

Gerda het daarop gelet om vroue by naam te noem wat, in hul onderskeie rolle, ’n bydrae tot die funksionering van die VLU gelewer het, en steeds lewer.

“Die VLU is die universiteit vir plattelandse vroue,” het sy gesê.

Wat kompetisies aanbetref, is benadruk dat ’n persoon nie teen iemand anders meeding nie, maar slegs teen jouself.

Roz du Preez van die Kaalspruit-tak het ’n eerste plek in die gevorderde blomme-afdeling behaal.

Lidmaatskaptoekennings is ook aan verskeie vroue oorhandig.

Bettie Fourie, spreker, se boodskap het aan die beurt gekom en ’n noenmaal is daarna genuttig.

Related Articles

Back to top button