Local newsMunicipalNews

Boskasie-huis ontsier buurt van Standerton

Voorts is beweer dat kontrakteurs van tyd tot tyd aangestel word om daar te werk, wat later soos mis voor die son verdwyn.

Die boomryke Paarlstraat word ontsier deur die boskasie en vervalle toestand van ’n huis by die kruising met Schwickardstraat.

’n Inwoner het die Standerton Advertiser genader om ondersoek in te stel na die rede waarom die erf nie opgeruim word nie.

Volgens die inwoner, is die huis destyds deur die landdros van Standerton bewoon wat dit eksie-perfeksie gehou het.

’n WhatsApp-navraag is op Woensdag 9 Maart aan die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, Thobeka Mtshiselwa, gestuur om eienaarskap te bepaal.

Voorts is aangevoer dat kontrakteurs van tyd tot tyd aangestel word om daar te werk, wat later soos mis voor die son verdwyn.

’n Foto is ook aan Lekwa gestuur.

By die huis langsaan, voer ’n eiendomsagent ’n dapper stryd om ’n woning te verkoop.

Geen kommentaar is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button