Hoërskool Delmas skop seisoen af met harde PUK-16-wedstryde
Tydens die netbalwedstryde kon Delmas se 0/14 span daarin slaag om die teenstand met ’n allimintige 20 punte teenoor ses te verslaan.
Met die afskop van die PUK-16-seisoen het Hoërskool Delmas teen Hoërskool Pretoria-Noord in die stryd getree.
Soos berig in die vorige uitgawe van Streeknuus moes sommige van die wedstryde op Vrydag, 26 Februarie, weens reën na latere datums verskuif word en is op die bane van Hoërskool Pretoria-Noord voltrek.
Na voltooiïng van al die wedstryde tydens die PUK-16 Poel A, ronde een, lyk die uitslae soos volg:
Tydens die netbalwedstryde kon Delmas se 0/14-span daarin slaag om die teenstand met ’n allemintige 20 punte teenoor ses te verslaan. Ook die 0/16-span het met 20 punte teenoor 13 gewen.
Tydens die hokkiewedstryde het die 0/14-span daarin geslaag om met Pretoria-Noord af te reken en het hulle met twee doele teenoor 0 gewen.
Die 0/15-span het gelykop gespeel nadat nie een van die spanne ’n doel aangeteken het nie.
Beide die 0/16- en tweede hokkiespanne het met 6 doele teenoor 0 gewen.
Die eerste seunspan het die telbord in hul guns geswaai toe hulle met drie punte teenoor twee gewen het.
Ten spyte van klipharde rugbywedstryde kon die spanne van Delmas nie daarin slaag om een van hul wedstryde te wen nie.






