NewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Du Preez van Wyk bied jaarlikse kleuteratletiek aan

“Kleuteratletiek gaan groot in Dupieland”

Die kleuteratletiekbyeenkoms het amptelik afgeskop met 10 verskillende kleuterskole op Bronkhorstspruit wat deelgeneem het by Laerskool Du Preez van Wyk.

Sowat 370 kleuters het aan verskeie items deelgeneem. Die tema van die byeenkoms was op die plaas.

Voetjies en Kroonspruit skole het die sportdag aangebied.

Daar was toutrek, hoogspring, teikengooi, fietsies,verspring en naellope.

Tjokkerland se onderwysers het die heel eerste aflosbeker in die geskiedenis gewen en het kragte gemeet met vier onderwysers elk van die ander skole.

Vanjaar is trofees vir die beste kreet, beste oueraflos en beste onderwysersaflos uitgedeel.

Die onderwysers se items was sakspring vir 60m sowel as 60m-boontjiesak vir balans, 60m-naellope en 60m-eierloop.

Daar was ook uitdunne gehou en wenners is aangewys.

Amelia Taljaard op haar bromponie.
Marchanelle Norden hol weg by die naellope.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button