Laerskool Delmas maak skoonskip teen Laerskool Birchleigh
Al hul rugbyspanne en netbalspanne het onoorwonne uit die stryd getree.
Tydens ’n taai wedstryd van die RMS-reeks vir middelskole wat op die tuisvelde van Laerskool Delmas beslis is, het die spanne mekaar behoorlik die stryd aangesê.
Die wedstryd tussen Laerskool Delmas en Laerskool Birchleigh het op ’n snikhete Donderdag, 10 Maart plaasgevind.
Al Delmas se rugbyspanne het onoorwonne uit die stryd getree.
Die 0/9-span het 10-5 gewen, die 0/10-span met 20-15 en die 0/11-span met 24-0.
Laerskool Delmas se tweede rugbyspan het met 20-19 gewen en die eerstes het 24-5 gewen.
Delmas het ook tydens die netbal-wedstryde stof in die oë van Laerskool Birchleigh geskop deur al hul wedstryde te wen.
Die 0/9-span het 9-6 gewen, die 0/10-span 8 -1, die 0/11-span 11-2, die 0/12-span 16-5 en die 0/13’s stap met ’n 12-8 oorwinning uit die stryd.








