Local newsNews

Standerton se Tania Bezuidenhout laat dit alles so maklik lyk

Die gesin spog met ’n versameling musiekinstrumente, ’n viool, elektriese kitaar, bokskitare, klawerbord en ’n klankstelsel wat skrik vir niks.

Daar is nie naastenby iets soos ’n normale dag vir Tania Bezuidenhout nie.

“Ek vat hier en los daar,” het sy droogweg opgemerk.

Ofskoon die familiebesigheid ure in beslag neem, kry sy of maak sy tyd vir juwele prakseer, dwarsfluit speel, haar kroos versorg, motorfietsritte en les bes, skemerkelkies meng.

In laasgenoemde is sy amptelik onderrig tydens haar au pair-jare in die VSA.

Die Amerikaners verwys na ’n ‘mixiologist’ vir dié drie-maande kursus.

Die oud-leerder van Hoërskool Ermelo se ouers het die nodige reëlings getref om haar op 21-jarige ouderdom na New York en Washington DC te laat gaan om te werk.

’n Vakansie op die tropiese eiland, Aruba is ook bygewerk.

Rudi, haar man, is ’n voorslag in die kombuis en sorg meestal vir die etes.

“In die begin het hy my uit die kombuis gejaag,” het sy vertel.

Nie dat Tania nie kans sien om lekkernye vir die onderneming te maak nie, maar haar eggenoot is duidelik goed onderleg in kosmaak.

Hy is gewoonlik douvoordag gereed om na Seriti te vertrek, terwyl sy die tweeling, Ashley en Hope betyds by die kleuterskool moet kry.

Abigail, die oudste gaan op Ermelo skool en naweke is sy tuis, omring tussen die bedrywige gesinslewe van die Bezuidenhouts.

Die Dalmations, Pekinese en kat, asook die African Greys kry dan aandag.

Die tweeling ‘hip-hop’ tans en verdwyn soms badkamer toe om met gesigverf te speel.

“Jy moet ‘worry’ as hulle stil raak,” was Tania se opsomming.

Die gesin spog met ’n versameling musiekinstrumente, ’n viool, elektriese kitaar, bokskitare, klawerbord en ’n klankstelsel wat skrik vir niks.

“Ek het ’n dwarsfluit op my 16de verjaarsdag gekry,” het Tania gesê.

Tania het destyds ’n blaasinstrument of twee baasgeraak vir die ‘marching band’ op Ermelo, waar hulle vir drie agtereeenvolgende jare Suid-Afrikaans kampioene was.

Sy het selfs haar hand aan ’n trompet gewaag en speel nou die silwerfluit in die Nuwe Apostoliese Kerk in Meyervile.

Die egpaar behoort aan die motorfietsklub, Immortal Guardians en terwyl Rudi se arm in gips was, het Tania vir Abigail agter haar op die Honda CBR 1100 cc Blackbird laat sit.

Abigail sou net van haar laat hoor dat ma se hare haar neus kielie, want vleg, moet sy vleg.

Dit is weliswaar die enigste manier waarop ’n vrou kan skaflik lyk as die helm afgehaal word.

Rudi het destyds sy vrou touwys gemaak.

Tania Bezuidenhout se ouers het die nodige reëlings getref om haar op 21-jarige ouderdom na New York en Washington DC te laat gaan om te werk.

“Hy het my op ’n ‘pitbike’ sonder ’n helm en remme leer motorfietsry.”

Abigail se asmatiese bronchitis toe sy nog ’n leerder by Standerton Primary School was, en ’n kwartaal by die huis was, het gesorg dat hulle tussen Afrikaans en Engels kommunikeer.

“Abby het Disney, Nicklelodeon en Cartoon Network gekyk, daar opgestaan en begin Engels praat.”

Met haar oudste se belangstelling in musiek en kuns, is op hoërskool op Ermelo besluit.

Daar moet kopgehou word dat die voertuie op die erf se batterye nie afloop nie.

Dis gewoonlik ‘Bubbles’ die Volkswagen-kewertjie, wat gaan sukkel om te vat.

Tania ry die kleuters in haar bussie rond, wat snaaks genoeg, die beste vaar wat brandstofverbruik aanbetref.

Dié sakevrou het in 2013 ingegryp by die familie se onderneming met die afsterwe van haar pa. Nick.

Sy woel en werskaf om aandag aan almal en alles om haar te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button